Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Die Lewe na die Dood" van Donald Riekert
"Die Lewe na die Dood" van Donald Riekert [boodskap #7346] So, 06 Oktober 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nie heeltemal seker wat in hierdie
gedig aangaan nie. Maar as ek sommige van
die moontlikhede oorweeg, maak dit my
snaaks opgewonde en gelukkig.

DIE LEWE NA DIE DOOD
Donald Riekert

Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom le^

Op die eerste vlak miskien net 'n liefdesgedig
oor 'n liefde tussen twee hoogs-ongewone
minnaars. ( Die herinneringe wat die gepraat
oor soet rosyntjiebessies by my wakkermaak!
Baie klein bessies op 'n groterige boom. Jy
moes 'n hele handvol pluk om een mondvol te
kry. Groei rosyntjiebome oral in Suid-Afrika ?
Of is hulle bome wat net langs riviere en op
eilande groei?)
Maar is die gedig nie eintlik ook oor dood en
opstanding nie, na drie dae? En die bobbejaan-
mannetjie is die een wat die klip wegrol?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: BRANTFORD, Ontario
Volgende onderwerp: Re: De afrikaans namen van de schaak stukken.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:12:07 MGT 2024